Pinned Tweet
Vir besprekings vir sangoptredes, motiveringspraatjies en stemwerk, besoek gerus my splinternuwe webtuiste. For bookings for singing performances, motivational talks, and voice work, please feel free to visit my brand new website: estegross.com
Dankie aan elke liewe een wat vanjaar na my musiek geluister het en ondersteun het. Ek waardeer jou !
Hier is 2025 se liedjie, die DIE DEUR indien jy graag weer of vir die eerste keer daarna wil luister
Musiekvideo: youtube.com/watch?v=nqNaLXZE…
Spotify open.spotify.com/album/1BVC6…
Ek kan net dankie sê. Dankie vir die tyd wat jy geneem het om my naam in die hoed te gooi in die kategorie 'Best Radio Personality". Dit is 'n heerlike en onverwagse verrassing @PretoriaFM As jy 'n oomblik het, stem asb vir 'n wen 😀🌼
bestofsouthafrica.co.za/pret…
Baie dankie aan Pieter Koen en die Goeiemôre / Good morning span van Via vir julle gasvryheid en die onderhoud oor my nuwe enkelsnit, Die Deur. @NueLightP
youtube.com/watch?v=M-9g0bu9…
Uiteindelik ! Hier is #DieDeur se musiekvideo. Die Deur gaan oor onverganklike liefde. Ek dra dit op aan my Ma, maar ek hoop dat dit ook vir jou betekenis sal hê, op die plek waar jy jou nou in jou lewe bevind.
youtube.com/watch?v=nqNaLXZE…
Roer in Afrikaans.
In jou praat, huil, lag en loop ek, verbeel, dink ek my wêreld oop. Ek huil, word kwaad, aanvaar, praat oor onreg en dít wat nog reg is.
Mag jou woorde in skares en kontoere oor berge en in dale, oor die wêreld heen, bly dans.
Geluk, Afrikaans! #Afrikaans100
Gooi vir my 'n droom, skeur só die lug se soom
Strooi dit oophand-ruimhand in die wind
Laat ek met wonder immer soek - ek bly kind.
want die mens is klein...
en ek wonder net vanaand,
Wat ons alles in ons woorde agterlaat,
Hoe sal dit alle aardlinge, baat ?
2025/02/28 Esté Gross
Skakel nou 13:05 in vir #WNDK - Jaconell Mouton en Evert van Niekerk kuier in die ateljee en gesels oor hulle nuwe Kersalbum, Merry Moments. @PretoriaFM
Nataniël se bekroonde produksie, MASS FOR THE GOOD PRINCES en my onderhoud met hom oor die mis, word vanaand om 20:00 op @PretoriaFM uitgesaai. Dankie vir die artikel, @AJOpperman
netwerk24.com/netwerk24/kuns…
Nataniël se #MassForTheGoodPrinces word vanaand om 20:00- 21:30 in sy geheel weer uitgesaai. Lekker luister !😀 @PretoriaFM
facebook.com/share/p/1GrWTtG…
Dít is waarom ons hier is: om mekaar in die ongeskonde, ongenaakte waarheid, lief te hê.
netwerk24.com/netwerk24/stem…
Ek het die goeie nuus gekry dat Klankkoerant-Laatmiddag, aangewys is @SARadioAwards as "Beste nuus-en aktualiteitsprogram" in die gemeenskapsradio-kategorie vir 2024. Ek bied steeds die nuus-en aktualiteitsprogram op @PretoriaFM aan, nou IMPAK 13:00-14:00. Dankbaar, dankie !
Esté Gross retweeted
You cannot become more spiritual without your hands getting dirtier with the pain and burdens of others. This is the Jesus way
Eksklusief op #WNDK: Die bekendstelling van die CD Mass for the Good Princes. Een van die heel lekkerste onderhoude nog. Dankie Nataniël vir die musiek gesprek én die lekker lag. Wat's Nuut? Dis Klassiek ! Die Sondag tussen 13:05-14:00.@PretoriaFM











