Make it right... Give context and apologize when it is nesasary for healing ✨✨✨ a geniune apology can heal anything.
Bitter man
Jy gluur my aan
Verdruklik skaam
Blou oog man
In spieel glinster glas
Staar ek in myself vas
En my beeld is vreemd,
Want in jou oog vasgevang
Is die drogbeeld n slang
Vlerke deur skubbe vervang
En dit maak my bang
Is dit regtig ek?
Of my beeld deur jou refleksie vervang?
Ons moet betaal en betaal
Vir die lewens rit
Op en af skuins getrek
Dwars
Verneuk, lang uitgerekte steiltes
En kortstondige sielsveryke
Die koste brutaal
Fyn beplan vir genoeg vaal
Sodat ons aanhou in betaal
Verkragte Meester's plan
Deur man.
©Ina Brink
Gorrel
Ek's bang vir my eie taal
Dit weergalm te warm terug
En die buffer van n vreemde tong
Maak dit wat gegorrel word
Sagter
Amper onwerklik
Soos n storie in n boek
Waar mens antwoorde soek
En as ek die swart op wit bestudeer
Maak die griekse klanke minder seer
En hier sit ek in jou walms
Asemhaal is moeilik
Daars n gesluk
Na asem
Wurg greep van mistige druk
Oe wat traan
Herhinneringe wat in wolk opgaan
Ek bly staan
En sluk
Tot my bors ruk
En dan
Die lewe gaan aan
©Ina Brink
What an emotional day. Baby Zion, this family is ready to meet and love you. 💕💕💕 @elminiedip jy was in gees hier, tasbaar in die beautiful kombersies wat hy nog stukkend gaan dudus😘


















