’n Bedrywige eerste middag vir @landbou op Brasilië se @ExpoZebu 2025. Drie interessante onderhoude is gevoer en ’n tydjie kon afgeknyp word om die pragtige beeste te besigtig. Nog ses dae van dié gesogte uitstalling van Seboe-beesrasse lê voor. #ExpoZebu @PhillipsLM
Die drywende sonpanele vir die opwekking van hernubare krag op ’n plaas in Mpumalanga help om besproeiingswater te spaar. Terselfdertyd is geen potensiële produktiewe grond vir die oprigting van die panele ingeboet nie. landbou.com/landbou/bedrywe/…
1
24
Die boerdery-omstandighede was klaar moeilik met lae speenkalf- en wolpryse, en toe kom die wegholbrande die afgelope week . . . Die vrygewigheid van medeboere en ander mense ná die brande het hom egter weer krag gegee, sê ’n Oos-Kaapse boer. landbou.com/landbou/nuus/gem…
3
29
Dr. Sam Motsuenyane (97), een van Suid-Afrika se invloedrykste sakeleiers en ’n stille krag agter die ontwikkeling van swart kommersiële boere, is op 29 April oorlede. Lees meer hier - landbou.com/landbou/nuus/kam…
1
28
Hoogste prys van R115 000 betaal vir n ram van JH du Plessis van Kareedouw by die Dohne Merino Nasionale veiling. @landbou
Die Dohne Merinoram van die Twee Neefs Dohnes-stoetery is vir R80 000 verkoop by die Dohne Merino Nasionale veiling wat vanjaar in Graaff-Reinet aangebiee word. @landbou
Van die beste Angorabokke in die wêreld is vandag te sien by Sybokhaar Suid-Afrika se Angorastoet- en kuddeskou hier in Willowmore in die Oos-Kaap. @landbou
As ons oor tien of twintig jaar as landbouwers wil bestaan moet jy saam met die gemeenskap wen, dit moet inklussief wees. - Sean Walsh van Kaap Agri.@landbou
Ons as landbouers het unieke aanbieding vir Afeika, ons maak kos, wyn en vesel. Waarom verloor ons aanhoudend die argument met die regering en gemeenskappe, het ons dalk die verkeerde argumente vra Sean Walsh van Kaap Agri by Bloeiselfees. @landbou
Ons as landbouers vergeet die rol wat julle speel om kos te maak vir mense en die belangrikheid van gemeenskap. - Sean Walsh, uitvoerende hoof van Kaap Agri by die Langkloof Bloeiselfees. @landbou
2
As jy vandag vir n boer vra die wat is sy beste jaar is dit altyd die jaar wat voorlê, ons almal droom na die jaar vorentoe. - Francois Swanepoel, Uitvoerende hoof van SSK by die Langkloof Bloeiselfees. @landbou
"n Boer is soos n bloeisel, as hy moet weet wat vir hom voorlê sal hy sommer afval. Maar hy gaan voort en produseer vrugte."- Villiers van Veen van SSK by die opening van die Langkloof Bloeiselfees. @landbou
Niel du Preez, Oos-Kaapse voorsitter van @WOOLFARMER moedig boere aan om hulle wol volgens volhoubare oudits te laat sertifiseer sodat vragskiphouers volgemaak kan word om te voldoen aan die vraag van al meer handelsmerke wat belangstel. @landbou
James Faber, nasionale voorsitter van @Redmeatproducer waarsku: 'Bek en Klouseer is een nag van jou af. Maak seker by wie jy bees koop. Tree verantwoorselik op teenoor jou buurman en groter bedryf.' @landbou









