Twiet jou vere los! Kom gesels met die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging: hier's hope jêm vir gladdebekke.

Joined October 2011
ATKV-Applous nooi alle koorleiers, begeleiers uit na ’n koorleierskursus aangebied deur Renette Bouwer by die Odeion Skool vir Musiek in Bloemfontein op Saterdag 7 November 2026. Vir meer inligting [email protected]. Skryf hier in: formslab.app/f/atkv-applous-… #Afrikaans
29
In die derde episode van Gekies vir die Kollig bring Jacques Bessenger se span oorspronklike monoloë na die skerm wat belangrike vrae vra. Skakel op Dinsdag 20 Okt om 20:30 in op VIA (DStv 147) vir ’n episode oor boeliegedrag, prestasiedruk en die soeke na eiewaarde. #Afrikaans
70
Jacques Bessenger se span deel hul verhale wat ongemaklike, maar belangrike vrae vra in die derde episode van Gekies vir die Kollig. Skakel op Dinsdag 20 Oktober om 20:30 in op VIA (DStv-kanaal 147). atkv.org.za/nuus/posts/gvk-j… #Afrikaans
73
Die ATKV-Spanredenaarsfinaal 2026 het op 14 Oktober by ATKV-Buffelspoort die land se beste jong spanne bymekaargebring om hul redeneer-, luister- en samewerkingsvaardighede op die hoogste vlak te toets. Baie geluk aan al die wenspanne! atkv.org.za/nuus/posts/atkv-… #Afrikaans
71
Die ATKV-Jeugleiersimposium is ’n dinamiese leierskapontwikkelingsprogram wat daarop gemik is om nuutverkose graad 11-leerders toe te rus met die kennis, vaardighede en selfvertroue om verantwoordelike leiers te wees. Die sluitingsdatum is 30 Okt 2026. atkv.org.za/neem-deel/kultuu…
62
Die ATKV wens die matriekklas van 2026 sterkte toe met hul finale eksamens. Mag elkeen van julle die eksamen met geloof, deursettingsvermoë en volharding aanpak. #Afrikaans
2
118
Die wenners van ATKV-Digi-Idiome 2026 is bekend! Deelnemers het hul kennis van Afrikaanse idiome en sêgoed digitaal getoets, en die resultate wys dat Afrikaans se skatkis van gesegdes springlewendig bly. atkv.org.za/nuus/posts/atkv-… #Afrikaans #idiome #ATKV
1
130
Haal asem. Die kollig gaan aan. Agt finaliste. Vier mentors. Twee nuwe aanbieders. Wie gaan gekies word vir die kollig? 📺 Gekies vir die Kollig seisoen 6 🗓️ Vanaf 6 Oktober ⏰ 20:30 📍 VIA | DStv-kanaal 147 ASEM IN. KYK SAAM. #Afrikaans #GekiesVirDieKollig #ATKV
1
206
Die ATKV huldig vandag ons land se opvoeders vir die merkwaardige belegging wat hulle elke dag in die toekoms van ons land maak. Gelukkige Onderwysersdag! #Afrikaans
2
141
Die Kunstekaap het na hul asem gesnak toe vyf sêrgroepe hul kreatiewe wêreld op die verhoog geskep het tydens die ATKV Sêrfinaal. Met stem, beweging, humor en storievertelling het elke produksie die tema, “ASEM”, op ’n unieke wyse laat leef. atkv.org.za/nuus/posts/atkv-… #Afrikaans
2
175
Die Kunstekaap vier vanjaar sy 55ste bestaansjaar, en die ATKV erken dié prestasie met ’n besonderse geskenk: ’n kunsinstallasie. Die voltooide kunswerk gaan aan die einde van die finaal namens die ATKV aan die Kunstekaap geskenk word. atkv.org.za/nuus/posts/atkv-… #Afrikaans
1
101
Haal asem. Die toneel begin. Vandag ontmoet ons die eerste vyf van Suid-Afrika se tien ATKV-Tienertoneel-finaliste. Van Asemrowers tot Dapperhuis — vyf wêrelde wag om oopgemaak te word. Lees die stories, ontmoet die mense. Blaai deur: heyzine.com/flip-book/942ebc… #Afrikaans
2
139
Ons erfenis leef in ons taal, musiek, stories en gemeenskappe. ATKV-Applous wys hoe koormusiek ’n kragtige draer van erfenis is en hoe dit ’n nalatenskap bou wat volgende geslagte kan dra. Kyk en beleef self hoe ons jeug hul erfenis uitleef: youtube.com/playlist?list=PL… #Afrikaans
1
2
139
Dis weer tyd vir die Toyota Stellenbosch Woordfees, en die RSG/ATKV-vierkant beloof om ’n gewilde bymekaarkomplek vir mense en stories te wees. Lees hier meer: atkv.org.za/nuus/posts/kom-k… #Afrikaans #Woordfees #RSG #ATKV
89
Hartlik geluk aan die wenners van die Prys vir Spanningslektuur, die Prys vir Niefiksie en die ATKV-Prosaprys. Lees die volledige nuusvrystelling hier: atkv.org.za/nuus/posts/woord… #Afrikaans #boeke #skrywer #prosa #lees #spanning #niefiksie
91
Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasies rondom die Afrikaanse woord. Hartlik geluk aan die wenners van die Prys vir Spanningslektuur, die Prys vir Niefiksie en die ATKV-Prosaprys! #Afrikaans #boeke #skrywer #prosa #niefiksie #spanningslektuur
147
Baie geluk aan die wenners van die Prys vir Poësie, die Prys vir Romanses en die Prys vir Dramateks! Lees die volledige nuusvrystelling hier: atkv.org.za/nuus/posts/veer-… #Afrikaans #woordveertjie #boeke #skrywers #drama #gedigte
1
99
ATKV-Crescendo is op 26 September in die Tuinroete by die Musefees met ’n werkswinkel vir aspirant- en gevestigde kunstenaars, liedjieskrywers en woordkunstenaars. Registreer vooraf by crescendo.org.za, of stuur ’n e-pos na [email protected]. #Afrikaans #musiek #ATKV
92